Oor die dood van Werner se kind
G C D regdeur
Jou oë versteek die kaarte
na geheime, vergete stede
die lyne en kleure
versteek die roete na Atlantis
Jou tong vertel die stories
van rock bands op die pad
sonder stertjies, sonder glitter,
want jy weet beter
Koor:
Lag vir my want ek wil
hierdie sirkus ook verstaan
Vertel vir my sodat ek
al die oëverblindery kan verklaar
Ritme en melodie
gee vorm aan my liedjies
Maar ek weet te min om die krake
in my fondasie te keer
Dit pla my
dat geloof, hoop en liefde
berekende sêgoed word
Dit pla my
dat my voorhangsel eers kon skeur
toe jou oë sluit.
Koor
Woorde & musiek - Salmon de Jager
www.klopjag.co.za