Regdeur: G Bm C D
My sigarette is op -
ek drink my laaste dop
My hart is vol pyn -
ek's ge-"fire" by my myn
my vrou lê kwaad op die mat,
want die bank, die bank het die tv kom vat
Maar ek dink aan die dae wat ek ice cream kon eet met vla.
En ek dink aan die dae wat jy en jou ma in 'n ander huis kon kla.
Wagter is honger op wag
en ons is weer hier binne sonder krag.
My laaitie is nou ses,
nie slim nie maar hy probeer sy bes
Ek staan deesdae baie meer
en my knieë, my knieë raak seer
want die bank, die bank het die bank kom vat.
Maar ek dink aan die dae wat ek ice cream kon eet met vla.
En ek dink aan die dae wat jy en jou ma in 'n ander huis kon kla
Maar ek dink aan die dae wat ek ice cream kon eet met vla.
En ek dink aan die dae wat jy en jou ma in 'n ander huis kon kla
Woorde en musiek: Dawie de Jager & John-Henry Opperman
Kopiereg: Klopjag Musiek BK (2004)