intro | D F#m D F#m D F#m D E
verse | D F#m D E
ek moes jou nog bel en sê ek is jammer
maar toe stop ek by die robot en koop 20 hangers
ek het halfprys betaal - hoekom voel ek kaal
ek wou nog bespreek om daai sanger te gaan sien
maar ek moes werk, en nou's hy dood
- ek sal maar 'n dvd moet koop
nog 'n storie van 'n ma, wat jou kan vertel
hoe 'n kind net kan ophou om te bel
sad songs is die beste – maar nie so nie
chorus | A D F#m E D
wil jy wou jy
kan jy kon jy
mag jy moes jy
sal jy sou jy of nie?
Al die tekens is daar!!!
ek haal diep asem en ek sluk dit af
gooi my kaarte op die tafel en hardloop weg
ek dink ek moes dit doen - ek dink – ek moes haar soen
goeters groei oral heen
het my vriend so gelyk het ek so gemaak
- hoe het dit so geraak
Jy skrik wakker by die werk met 'n baas wat raas
gooi jou goedjies in 'n boks maak jou das los
- is hierdie droom net 'n droom
wil jy wou jy
kan jy kon jy
mag jy moes jy
sal jy sou jy of nie?
Al die tekens is daar!!!
instrumental | D F#m D F#m D F#m D E
chorus | A D F#m E D
Woorde & musiek - Klopjag